mem-widget

Loading...

SIGN IN




Forgot your password?


{{memC.formVals.errors.general}}

Don't have an account?
CREATE YOUR ACCOUNT


Forgot your password?




{{memC.formVals.errors.general}}
An email with a link to reset your password was sent to {{memC.formVals.login}}

JOIN NOW


{{memC.formVals.errors.name}}

{{memC.formVals.errors.surname}}

{{memC.formVals.errors.mobile}}

{{memC.formVals.errors.login}}


I agree to THE FAITHFUL Ts & Cs  
{{memC.formVals.errors.tsAndCsAgreed}}



{{memC.formVals.errors.general}}
Already a member? Sign In

YOUR MEMBERSHIP


DISA MEMBERSHIP

DISA MEMBERSHIP

WELCOME PACK


  • Exclusive cap
  • Membership card & certificate
  • Gift vouchers from Sneakers, Travelite, Mkem, & Pick n Pay
  • Vodacom starter pack
  • Bonus gifts from our sponsors and partners
  •  
    AND ALL
    MEMBERSHIP
    BENEFITS


BLUE MEMBERSHIP

BLUE MEMBERSHIP

WELCOME PACK


  • Jersey of your choice
  • Exclusive cap
  • Membership card & certificate
  • Gift vouchers from Sneakers, Travelite, Mkem, & Pick n Pay
  • Vodacom starter pack
  • Bonus gifts from our sponsors and partners
    AND ALL
    MEMBERSHIP
    BENEFITS


SELECT YOUR FIRST

Upon payment we will contact you to confirm the second jersey



HOME/AWAY
{{memC.formVals.errors.jerseyType}}
TYPE
{{memC.formVals.errors.jerseyType2}}
SIZE
{{memC.formVals.errors.jerseySize}}


SHIPPING INFO

Shipping outside of South Africa is at the member's expense.


{{memC.formVals.errors.country}}

{{memC.formVals.errors.city}}

{{memC.formVals.errors.province}}

{{memC.formVals.errors.addressLine1}}


{{memC.formVals.errors.postalCode}}

{{memC.formVals.errors.contactNumber}}







PAYMENT

Shipping outside of South Africa is at the member's expense.


{{memC.user.data.newPremiumMembershipOrder.id}}

R{{memC.packageService.query().amountTxt}}

PayFast

{{memC.formVals.errors.userImageFilename}}

MEMBERSHIP CONFIRMED


Welcome to The Faithful!

We’re so happy to have you as a valued member of The Faithful! We look forward to enjoying the season with you.

Please fill in your shipping info to receive your welcome pack.

#WeStandTogether




MEMBERSHIP COMPLETED


Your welcome pack will be with you soon.



DONE

You're already a member of The Faithful!



Thank you for registering


Please follow the link that was sent to {{memC.user.data.user_email}} to complete the activation of your account.



Activate Your Account ({{memC.formVals.login}})




{{memC.formVals.errorMessage}}




Password changed


Your password has been changed successfully.



Reset your password ({{memC.formVals.login}})




{{memC.formVals.errorMessage}}



RENEW YOUR MEMBERSHIP


DISA MEMBERSHIP

DISA MEMBERSHIP

WELCOME PACK


  • Exclusive cap
  • Membership card & certificate
  • Gift vouchers from Sneakers, Travelite, Mkem, & Pick n Pay
  • Vodacom starter pack
  • Bonus gifts from our sponsors and partners
  •  
    AND ALL
    MEMBERSHIP
    BENEFITS


BLUE MEMBERSHIP

BLUE MEMBERSHIP

WELCOME PACK


  • Jersey of your choice
  • Exclusive cap
  • Membership card & certificate
  • Gift vouchers from Sneakers, Travelite, Mkem, & Pick n Pay
  • Vodacom starter pack
  • Bonus gifts from our sponsors and partners
    AND ALL
    MEMBERSHIP
    BENEFITS


{{$index + 1}}



FEATURED

V&A met Vincent Koch

PUBLISHED: March 7, 2015



Vincent Koch anker die DHL-Stormers se skrum tot dusver uitstekend in vanjaar se Vodacom Superrugby-reeks.

Jy is mos oorspronklik van die Wes-Kaap, of hoe?
“Ek is in Durban gebore en toe ek 11 was het my ouers besluit hulle wil terugkeer Kaap toe. Hulle is oorspronklik hiervandaan. Ons het toe terug Wellington toe getrek en ek het aan Hoërskool Hugenote gematrikuleer.”

Het jou paaie daar met Juan de Jongh s’n gekruis?
“Ja, hy was twee jaar ouer as ek. Ek het hom op skool dopgehou en hy het saam met my broer, Divan, gespeel. Die verskil in my en Juan se ouderdom het egter beteken dat ons nie saam gespeel het nie.”

Hoe het jy ná skool in die Blou Bulle se kraal beland?
“Ek het destyds in Pretoria vir Boland in die Cravenweek gespeel. Ek is ná die tweede wedstryd ingelig dat iemand van die Bulle met my gaan kom gesels en is toe ‘n kontrak aangebied.”

Het jy daarna ter wille van speelkans ‘n bietjie rondgeskuif?
“Ja, ek het ‘n groot kniebesering opgedoen en was agt maande langs die kantlyn. Gevolglik het ek min speelkans gekry en het ek nie die afrigters se vertroue gehad nie. Jimmy Stonehouse, die Pumas se afrigter, het my toe genader. Ek het die skuif gemaak ter wille van speelkans en om my selfvertroue te herwin.”

Hoe het die skuif Kaap toe gebeur?
“Ek is deur die loop van verlede jaar se Absa Curriebeker-reeks van loskopstut na vaskop geskuif. Daarna het dinge in plek geval en ek dink Matt Proudfoot (die DHL Stormers se voorspeler-afrigter) het my agent geskakel en gesê dat hulle in my belangstel. Dit was my doelwit om in die Curriebeker-reeks raakgesien te word en toe die Stormers belangstelling toon was dit ‘n maklike besluit. My ouers en die res van my familie woon boonop in die Kaap.”

Was dit moeilik om die Pumas te oortuig dat jy aan die Stormers geleen moet word?
“Die Pumas is oop daarvoor om ons uit te leen, want hulle besef dat ons ná die Super-reeks meer gehard sal wees vir Curriebeker-rugby. Ek is nog tot aanstaande jaar by die Pumas gekontrakteer.”

Wat het jou posisionele skuif teweeg gebring?
“Coach Jimmy het dalk net gesien dat daar vir my ‘n toekoms op vaskop is. Ons het ‘n besering daar gehad en hy het toe besluit om my op die proef te stel. Dis baie anders as om loskop te speel en is ‘n baie tegniese posisie.”

Is jou goeie skrumwerk só vroeg in jou loopbaan as vaskop meestal die produk van harde werk?
“Ja, dis harde werk, maar ook die ingesteldheid om nie op te gee nie. Jy moet gereed wees om jou geleentheid aan te gryp wanneer hy kom.”

Was jy baie senuweeagtig voor jou eerste Superrugby-wedstryd teen die Bulle?
“Daar was ‘n bietjie vlinders in my maag ondat dit my buiging in Super-rugby was, maar om teen ‘n sterk span soos die Bulle te kan speel het my baie gemotiveer. Die senior spelers het my gehelp om kalm te bly.”

Het julle in die voorseisoen baie hard aan die skrums geoefen?
“Toe ons vergader om ons doelwitte uit te stippel, het ons besluit dat ons dié jaar in die skrums gaan stempel afdruk. Ons het baie hard gewerk en doen dit steeds. Ons verkeer nie onder die wanindruk dat ons ‘n eindbestemming bereik het nie.”

Jou werkverrigting buite die skrums is baie hoog. Is dit iets waarop jy spesifiek fokus?
“Ja, ek dink dis ook belangrik om die bal te kan dra. My primêre werk bly die belangrikste, maar ek geniet dit om óók die bal te dra en duikslae te maak.”

Dis seker taai om nou met Frans Malherbe vir ‘n plek op vaskop mee te ding.
“Ja, die onderlinge mededinging is baie sterk, maar gesond. Dis goed as daar iemand is wat konstant aan jou deur klop. Jy besef dat jou speelkans afhanklik is van hoe goed jy speel. Ek en Frans verstaan en respekteer mekaar.”

Wat is jou doelwitte vir die res van dié jaar?
“Ek wil graag ‘n uitstekende seisoen vir die Stormers hê en soveel as moontlik in die beginspan wees. Die span het kollektiewe doelwitte en ek sal graag wil sien dat ons bo-aan die Suid-Afrikaanse konferensie eindig en die Super-reeks wen.”

Is dit waar dat stutte die slimste ouens in rugbyspanne is?
“Ek weet nie of ons slimmer is nie, maar stutte is dikwels die ouens wat die grappe maak en ‘n lekker atmosfeer skep!”

DHL Stormers Matchday Magazine