mem-widget

Loading...

SIGN IN




Forgot your password?


{{memC.formVals.errors.general}}

Don't have an account?
CREATE YOUR ACCOUNT


Forgot your password?




{{memC.formVals.errors.general}}
An email with a link to reset your password was sent to {{memC.formVals.login}}

JOIN NOW


{{memC.formVals.errors.name}}

{{memC.formVals.errors.surname}}

{{memC.formVals.errors.mobile}}

{{memC.formVals.errors.login}}


I agree to THE FAITHFUL Ts & Cs  
{{memC.formVals.errors.tsAndCsAgreed}}



{{memC.formVals.errors.general}}
Already a member? Sign In

YOUR MEMBERSHIP


DISA MEMBERSHIP

DISA MEMBERSHIP

WELCOME PACK


  • Exclusive cap
  • Membership card & certificate
  • Gift vouchers from Sneakers, Travelite, Mkem, & Pick n Pay
  • Vodacom starter pack
  • Bonus gifts from our sponsors and partners
  •  
    AND ALL
    MEMBERSHIP
    BENEFITS


BLUE MEMBERSHIP

BLUE MEMBERSHIP

WELCOME PACK


  • Jersey of your choice
  • Exclusive cap
  • Membership card & certificate
  • Gift vouchers from Sneakers, Travelite, Mkem, & Pick n Pay
  • Vodacom starter pack
  • Bonus gifts from our sponsors and partners
    AND ALL
    MEMBERSHIP
    BENEFITS


SELECT YOUR FIRST

Upon payment we will contact you to confirm the second jersey



HOME/AWAY
{{memC.formVals.errors.jerseyType}}
TYPE
{{memC.formVals.errors.jerseyType2}}
SIZE
{{memC.formVals.errors.jerseySize}}


SHIPPING INFO

Shipping outside of South Africa is at the member's expense.


{{memC.formVals.errors.country}}

{{memC.formVals.errors.city}}

{{memC.formVals.errors.province}}

{{memC.formVals.errors.addressLine1}}


{{memC.formVals.errors.postalCode}}

{{memC.formVals.errors.contactNumber}}







PAYMENT

Shipping outside of South Africa is at the member's expense.


{{memC.user.data.newPremiumMembershipOrder.id}}

R{{memC.packageService.query().amountTxt}}

PayFast

{{memC.formVals.errors.userImageFilename}}

MEMBERSHIP CONFIRMED


Welcome to The Faithful!

We’re so happy to have you as a valued member of The Faithful! We look forward to enjoying the season with you.

Please fill in your shipping info to receive your welcome pack.

#WeStandTogether




MEMBERSHIP COMPLETED


Your welcome pack will be with you soon.



DONE

You're already a member of The Faithful!



Thank you for registering


Please follow the link that was sent to {{memC.user.data.user_email}} to complete the activation of your account.



Activate Your Account ({{memC.formVals.login}})




{{memC.formVals.errorMessage}}




Password changed


Your password has been changed successfully.



Reset your password ({{memC.formVals.login}})




{{memC.formVals.errorMessage}}



RENEW YOUR MEMBERSHIP


DISA MEMBERSHIP

DISA MEMBERSHIP

WELCOME PACK


  • Exclusive cap
  • Membership card & certificate
  • Gift vouchers from Sneakers, Travelite, Mkem, & Pick n Pay
  • Vodacom starter pack
  • Bonus gifts from our sponsors and partners
  •  
    AND ALL
    MEMBERSHIP
    BENEFITS


BLUE MEMBERSHIP

BLUE MEMBERSHIP

WELCOME PACK


  • Jersey of your choice
  • Exclusive cap
  • Membership card & certificate
  • Gift vouchers from Sneakers, Travelite, Mkem, & Pick n Pay
  • Vodacom starter pack
  • Bonus gifts from our sponsors and partners
    AND ALL
    MEMBERSHIP
    BENEFITS


{{$index + 1}}


FEATURED

Blink toekoms

PUBLISHED: April 21, 2014



Dikwels hoor ons die ou wysheid dat stutte eers ná 30 wasdom bereik, wat ’n mens laat wonder hoe Frans Malherbe se spelpeil dán sal wees.

Frans Malherbe kan beswaarlik op ’n beter plek in sy loopbaan wees. Hy het verlede jaar op 22 sy Springbok-buiging teen Wallis in Cardiff gemaak en is vanjaar onbetwis die DHL-Stormers se eerstekeuse-vaskopstut in die Vodacom Superrugby-reeks.

“Ek voel die vertroue van die afrigters aan. Dit help baie,” sê hy. “Maar ek streef altyd verbetering na om die volgende vlak te kan bereik. Dit gaan nét met tyd kom.”

Tyd is aan sy kant. Ondanks die feit dat hy verlede maand sy 23ste verjaarsdag gevier het, het hy reeds ’n merkwaarde 38 wedstryde vir die Stormers en 33 vir die DHL-Westelike Provinsie gespeel.

Indien onvoorsiene omstandighede nie intree nie, behoort hy oor ’n dekade eers die kruin van sy rugbygolf te ry.

Malherbe het op 9 November in Cardiff se Millennium-stadion sy eerste proesel toetsrugby gekry toe hy in die Springbokke se voorry teen die deurwinterde Wallieser Gethin Jenkins gesak het.

“Dit was ongelooflik en die hoogtepunt van my loopbaan. Ek is baie trots en dit was ’n yslike eer. Dis ’n herinnering wat ek altyd sal koester,” vertel hy oor sy tyd by die Bokke. “Ek is nou hoogs gemotiveerd om te sorg dat ek wéér daar uitkom.”

Hoe senuweeagtig was hy voor afskop teen Wallis? “Ek was natuurlik senuweeagtig, maar jy vind rustigheid in die week se voorbereiding en die senior spelers se ervaring.”

Die swak toestand van die veld het skrumwerk beide kante toe bemoeilik, maar Malherbe is later deur die Bokke se verdedigings-afrigter, John McFarland, uitgesonder nadat hy 15 duikslae in sy toetsbuiging uitgevoer het.

Dáárom was dit veral hartseer dat ’n ribbesering laat in die eerste helfte van die volgende wedstryd teen Skotland op Murrayfield sy toer voortydig beëindig het.

Maar hy kon darem ’n voorsmakie verskaf van wat hy mettertyd vir Springbok-rugby kan beteken.

“Ek geniet dit om te verdedig en dis iets wat ek vir die span kan bied,” sê hy. “Maar ek duik nie om te probeer goed lyk nie. Jy moet in die sisteem bly. As jy dít doen, kom daardie dinge vanself.”

’n Stut word egter vernaam aan sy skrumwerk geken en dáár sal Malherbe, soos ander talentvolle jong voorrykollegas in die loskopstut Steven Kitshoff en haker Scarra Ntubeni, oor tyd al hoe sterker raak.

Die Stormers het by tye goed geskrum vanjaar, maar bevind hulle konstant in ’n posisie waar daar vanweë beserings aanpassings aan die agttal móét wees. Dis eenvoudig nie bevorderlik vir goeie vertonings in die vaste fasette nie.

“Die beserings help ons beslis nie,” sê Malherbe.

“Ek voel egter heel goed oor ons skrumwerk vanjaar. Ons was nie op ons beste in die laaste wedstryd teen die Waratahs nie, maar sal hard werk en probeer voortbou op die momentum wat ons vóór dit gehad het.”

Die Stormers se eerstekeuse-voorry is merkwaardiglik jonk. Ntubeni is soos Malherbe 23 en Kitshoff het in Februarie 22 geword. ’n Mens kan jou dus net indink hoe goed hulle nog kan word.

“Ek dink ons het die afgelope drie seisoene baie as kombinasie gegroei,” sê Malherbe.

“Verlede jaar het ek ongelukkig in die Super-reeks ’n besering opgedoen wat my lank langs die kantlyn gehou het, maar ons het sedertdien lekker momentum gebou.”

As die Stormers op volle sterkte is, sal die 22-jarige Springbok-ysterslot Eben Etzebeth natuurlik agter Malherbe in die skrum sak en die agttal se vuur stook. Dis egter ’n luuksheid wat die Stormers waarskynlik eers laat aanstaande maand gaan hê wanneer Etzebeth hopelik van ’n enkelbesering herstel het.

Intussen kan daar net gedroom word oor die potensiaal waaroor die Stormers se vaste voorspelers beskik en wat bereik kan word indien hulle in die Moederstad bly eerder as om oorsee ’n fortuin te gaan soek.

Vir eers is daar egter die frustrasie dat beserings hulle eenvoudig tans nie toelaat om saam te ontwikkel nie.

Terwyl die Stormers onder die omstandighede mededingend bly teen taai teenstanders, bied dit min troos vir ondersteuners as die span steeds verloor. Maar ’n broodnodige sege is straks net om die draai.

“Dis baie moeilik as jy alles insit en die resultate eenvoudig nie kom nie,” sê Malherbe.

Die terugkeer van senior spelers van beserings behoort egter vandag ’n groot verskil te maak.

En selfs al slaag die Stormers nie daarin om deur die agterdeur in te glip vir die uitspeelwedstryde nie, is daar darem die troos dat die toekoms met Malherbe en kie baie blink lyk.

DHL Stormers Matchday Magazine