mem-widget

Loading...

SIGN IN




Forgot your password?


{{memC.formVals.errors.general}}

Don't have an account?
CREATE YOUR ACCOUNT


Forgot your password?




{{memC.formVals.errors.general}}
An email with a link to reset your password was sent to {{memC.formVals.login}}

JOIN NOW


{{memC.formVals.errors.name}}

{{memC.formVals.errors.surname}}

{{memC.formVals.errors.mobile}}

{{memC.formVals.errors.login}}


I agree to THE FAITHFUL Ts & Cs  
{{memC.formVals.errors.tsAndCsAgreed}}



{{memC.formVals.errors.general}}
Already a member? Sign In

YOUR MEMBERSHIP


DISA MEMBERSHIP

DISA MEMBERSHIP

WELCOME PACK


  • Exclusive cap
  • Membership card & certificate
  • Gift vouchers from Sneakers, Travelite, Mkem, & Pick n Pay
  • Vodacom starter pack
  • Bonus gifts from our sponsors and partners
  •  
    AND ALL
    MEMBERSHIP
    BENEFITS


BLUE MEMBERSHIP

BLUE MEMBERSHIP

WELCOME PACK


  • Jersey of your choice
  • Exclusive cap
  • Membership card & certificate
  • Gift vouchers from Sneakers, Travelite, Mkem, & Pick n Pay
  • Vodacom starter pack
  • Bonus gifts from our sponsors and partners
    AND ALL
    MEMBERSHIP
    BENEFITS


SELECT YOUR FIRST

Upon payment we will contact you to confirm the second jersey



HOME/AWAY
{{memC.formVals.errors.jerseyType}}
TYPE
{{memC.formVals.errors.jerseyType2}}
SIZE
{{memC.formVals.errors.jerseySize}}


SHIPPING INFO

Shipping outside of South Africa is at the member's expense.


{{memC.formVals.errors.country}}

{{memC.formVals.errors.city}}

{{memC.formVals.errors.province}}

{{memC.formVals.errors.addressLine1}}


{{memC.formVals.errors.postalCode}}

{{memC.formVals.errors.contactNumber}}







PAYMENT

Shipping outside of South Africa is at the member's expense.


{{memC.user.data.newPremiumMembershipOrder.id}}

R{{memC.packageService.query().amountTxt}}

PayFast

{{memC.formVals.errors.userImageFilename}}

MEMBERSHIP CONFIRMED


Welcome to The Faithful!

We’re so happy to have you as a valued member of The Faithful! We look forward to enjoying the season with you.

Please fill in your shipping info to receive your welcome pack.

#WeStandTogether




MEMBERSHIP COMPLETED


Your welcome pack will be with you soon.



DONE

You're already a member of The Faithful!



Thank you for registering


Please follow the link that was sent to {{memC.user.data.user_email}} to complete the activation of your account.



Activate Your Account ({{memC.formVals.login}})




{{memC.formVals.errorMessage}}




Password changed


Your password has been changed successfully.



Reset your password ({{memC.formVals.login}})




{{memC.formVals.errorMessage}}



RENEW YOUR MEMBERSHIP


DISA MEMBERSHIP

DISA MEMBERSHIP

WELCOME PACK


  • Exclusive cap
  • Membership card & certificate
  • Gift vouchers from Sneakers, Travelite, Mkem, & Pick n Pay
  • Vodacom starter pack
  • Bonus gifts from our sponsors and partners
  •  
    AND ALL
    MEMBERSHIP
    BENEFITS


BLUE MEMBERSHIP

BLUE MEMBERSHIP

WELCOME PACK


  • Jersey of your choice
  • Exclusive cap
  • Membership card & certificate
  • Gift vouchers from Sneakers, Travelite, Mkem, & Pick n Pay
  • Vodacom starter pack
  • Bonus gifts from our sponsors and partners
    AND ALL
    MEMBERSHIP
    BENEFITS


{{$index + 1}}



FEATURED

V&A met Steven Kitshoff

PUBLISHED: March 14, 2015



Steven Kitshoff, wat vandag in sy 50ste wedstryd vir die DHL Stormers uitdraf, speel met oorgawe ná sy herstel van die knie- en enkelbeserings wat hy in Mei verlede jaar opgedoen het.

Dit moes ‘n groot frustrasie gewees het om vir so lank langs die kantlyn te wees.
“Ja, ek was vir lank uit nadat ek die besering verlede jaar teen die Highlanders opgedoen het! Dis lekker om weer op die speelveld te wees. Dit was harde werk om weer my kondisionering en die beseerde voet reg te kry, maar die herstel van die besering het gelukkig sonder probleme geskied. Ek het dit veral gemis om op die veld te wees wanneer die span só goed vaar soos die DHL-Westelike Provinsie se suksesvolle vertonings in verlede jaar se Absa Curriebeker-reeks.”

Jy speel tans baie goed in die Vodacom Superrugby-reeks. Dink jy die rus was dalk ‘n bedekte seën?
“Ek sou nie só ver gaan as om dít te sê nie. Die voorbereiding en werk aan ons fiksheid wat in die voorseisoen gedoen is het ‘n groot bydrae gelewer. Die ouens het baie hard gewerk en ek geniet dit om deel te wees van ‘n span wat só lekker jôl! Daardie genot dra by tot ons goeie spelpeil.”

Jy voel seker goed oor jou individuele spelpeil tot dusver?
“Daar is altyd ruimte vir verbetering, maar ek sal aanhou werk en hopelik sal dit vorentoe nét beter gaan.”

Hoe voel jy oor die span se skrumwerk?
“Ons werketiek in oefeninge het ‘n groot rol in die span se vertonings gespeel. Ek is baie tevrede daarmee. Ons moet voortbou op wat ons tot nou bereik het.”

Jy het vroeg in die seisoen ‘n paar keer omkeerbesit afgedwing. Is dit ‘n area van die spel waarop jy spesifiek konsentreer?
“Ek sou nie sê dis ‘n geval van daarop konsentreer nie, maar as die geleentheid hom voordoen sal ek poog om die bal te wen.”

Jy speel vandeesweek in jou 50ste wedstryd vir die DHL-Stormers en is nog net 23! Is daar enige wedstryde wat jy as hoogtepunte onthou?
“My gunsteling wedstryd vir die Stormers was my buiging teen die Chiefs in 2011. Ek was baie gelukkig om dit só vroeg in my loopbaan te kon doen. Elke wedstryd het egter sy eie uitdagings en daar is altyd ‘n genotfaktor.”

Was dit baie moeilik om op só ‘n jong ouderdom teen van die groot name in wêreldrugby te speel?
“Dit was ‘n yslike uitdaging om ná skool só vinnig Super-rugby te speel, maar ek het dit baie geniet. Ek het goeie leiers om my gehad in ouens soos Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw en Brok Harris. Hulle het my in moeilike tye baie gehelp.”

Wie is die taaiste vaskopstut teen wie jy geskrum het?
“Ek moes in my eerste jaar teen Owen Franks van die Crusaders op Nuweland skrum. Dit was beslis een van my grootste uitdagings.”

By wie het jy die beste raad in jou loopbaan gekry?
“Ek het baie raad gekry by ons voorspeler-afrigter, Matt Proudfoot, en Tiaan Liebenberg. In die eerste wedstryd wat ek opgedraf het, het Tiaan vir my gesê ‘Luister, bly net onder my skouer en als sal goed gaan’. Dit bly my nou nog by. My skrumtegniek het baie gebaat by wat ek by Tiaan geleer het.”

Wat is jou loopbaan-doelwitte?
“Ek wil maar net in elke wedstryd ‘n beter speler word en beseringsvry bly.”

Is dit korrek dat jy op ‘n kol ‘n Ferrari bestuur het?
“Ja, ek het vir ‘n paar dae in Desember ‘n vriend s’n gery. My motor tans is ‘n Golf GTI.”

Wat maak jou gelukkig?
“Om tyd saam met my meisie en familie deur te bring, én natuurlik om rugby saam met sulke lekker spanmaats te kan speel.”

Is daar enigiets wat jou baie irriteer?
“Ek raak moeilik geïrriteerd, maar vererg my soms as mense swak bestuur. Ek hou ook nie daarvan om lastig geval te word wanneer ek ná ‘n lang dag moeg is nie.”

Het jy enige stokperdjies of iets wat jou buite rugby besig hou?
“Ek studeer Beleggings-analisie en Portefeulje-bestuur deur Unisa. Dis ook vir my lekker om tyd met vriende en familie deur te bring.”

Wie is jou kamermaat wanneer die DHL-Stormers buite Kaapstad speel?
“Ek en Brok Harris was lank kamermaats. Dis nou tussen Vincent Koch en Johnny Kotze.”

Enige onthullings wat jy oor hulle swak gewoontes kan maak?
“Ons was nog nie lank genoeg kamermaats vir my om iets te kon optel nie!”

DHL Stormers Matchday Magazine