mem-widget

Loading...

SIGN IN




Forgot your password?


{{memC.formVals.errors.general}}

Don't have an account?
CREATE YOUR ACCOUNT


Forgot your password?




{{memC.formVals.errors.general}}
An email with a link to reset your password was sent to {{memC.formVals.login}}

SIGN UP


{{memC.formVals.errors.name}}

{{memC.formVals.errors.surname}}

{{memC.formVals.errors.mobile}}

{{memC.formVals.errors.login}}

{{memC.formVals.errors.dob}}

I agree to THE FAITHFUL Ts & Cs  
{{memC.formVals.errors.tsAndCsAgreed}}



{{memC.formVals.errors.general}}
Already a member? Sign In

YOUR MEMBERSHIP

To become a FAITHFUL MEMBER and unlock many benefits please follow the next few steps.


1
Select your Jersey

2
Set your profile picture

3
Shipping information

4
Payment



1
 
2
 
3
 
4

SELECT YOUR FIRST

Upon payment we will contact you to confirm the second jersey



HOME/AWAY
{{memC.formVals.errors.jerseyType}}
TYPE
{{memC.formVals.errors.jerseyType2}}
SIZE
{{memC.formVals.errors.jerseySize}}


CANCEL


1
 
2
 
3
 
4

SET YOUR PROFILE PICTURE





UPLOAD A PHOTO
From your computer

{{error.message}}

{{ item.file.name }}
TAKE A PHOTO
With your webcam
GUIDELINES & CONDITIONS

It should be a headshot.

It should be of the member only.

The photo is to help recognise you

Failure to fulfill the above will result in the inability to retrieve some of the membership benefits.

{{memC.formVals.errors.userImageFilename}}

1
 
2
 
3
 
4

SHIPPING INFO


{{memC.formVals.errors.country}}

{{memC.formVals.errors.city}}

{{memC.formVals.errors.province}}

{{memC.formVals.errors.addressLine1}}


{{memC.formVals.errors.postalCode}}

{{memC.formVals.errors.contactNumber}}







1
 
2
 
3
 
4

PAYMENT


{{memC.user.data.newPremiumMembershipOrder.id}}

R{{memC.settingsService.membership.amountTxt}}

PayFast

{{memC.formVals.errors.userImageFilename}}

MEMBERSHIP CONFIRMED


Welcome to The Faithful!

We’re so happy to have you as a valued member of The Faithful! We look forward to enjoying the season with you. Your welcome pack will be with you soon.

#WeStandTogether



DONE

You're already a member of The Faithful!



Thank you for registering


Please follow the link that was sent to {{memC.user.data.user_email}} to complete the activation of your account.



Activate Your Account ({{memC.formVals.login}})




{{memC.formVals.errorMessage}}




Password changed


Your password has been changed successfully.



Reset your password ({{memC.formVals.login}})




{{memC.formVals.errorMessage}}



RENEW YOUR MEMBERSHIP

To renew your FAITHFUL MEMBERSHIP and unlock many benefits please follow the next few steps.


1
Confirm your Jersey

2
Confirm your profile picture

3
Confirm your Shipping information

4
Payment



{{$index + 1}}


FEATURED

Kitshoff – Soos goeie rooiwyn

PUBLISHED: June 3, 2013



Dis ongewoon vir ‘n stut om reeds op 21 teenstanders te intimideer. Maar Steven Kitshoff is nie net nóg ‘n stut nie.

Jy sien dit dikwels agterop ‘n rooiwyn-bottel: “Geniet nou, maar sal baat vind by veroudering.”

Dís waarkynlik van toepassing om die DHL-Stormers se rooikop-loskopstut, Steven Kitshoff.

Hy is maar net 21 jaar oud, maar is die laaste twee seisoene ‘n staatmaker in die Kapenaars se beginspan in die Vodacom Superrugby-reeks. Steven het vanjaar met die uitsondering van kragmeting teen die Crusaders – toe hy geskors was vir ‘n gevaarlike duikslag – elke wedstryd vir die Stormers gespeel. Verlede jaar het hy in alles behalwe twee van die Stormers se wedstryde in die nr.1-trui begin.

Steven het op 14 Mei 2011 sy buiging in die Super-reeks as plaasvervanger teen die Chiefs in Hamilton gemaak. Hy het daardie jaar vyf wedstryde van die bank af gespeel voordat hy verlede jaar die Stormers se eerstekeuse-loskopstut geword het.

Die seisoen in 2012 was vir hom onvergeetlik. Dit het begin met ‘n suksesvolle veldtog vir die Stormers in die Super-reeks – hulle het die Suid-Afrikaanse konferensie gewen en ‘n halfeindstryd op Nuweland losgespeel.

Tussenin het Steven vir die SA o.20-span diens gedoen in die Internasionale Rugbyraad se Junior Wêldkampioenskap in die Moederstad. Hy het die Jong Bokkies se sege van 21-16 oor Nieu-Seeland in die eindstryd begin.

Daar was óók die onvergeetlike ervaring om die Curriebeker te buit deur die Haaie met 25-18 in Durban te gaan klop. Dis ‘n eer wat die Springbok-kaptein, Jean de Villiers, nog nie eers beskore was nie.

“Die wen van die Curriebeker was ‘n groot mylpaal in my lewe en die Junior Wêreldkampioenskap het ook baie beteken. Ek wil voortbou op my huidige spelpeil en as speler groei in die res van die Super-reeks,” sê Steven.

Dawie Theron, afrigter van die seëvierende SA o.20-span, meen dis ‘n kwessie van tyd voor Steven toetsrugby gaan speel.

“Steven was baie jonk toe hy op die toneel verskyn het in senior rugby. Dis byna ongehoord vir ‘n stut om opgang te maak wanner hy nog só jonk is. Dis ‘n groot prestasie,” sê Theron.

“Hy was ‘n gemerkte speler toe hy by ons in die SA o.20-span aansluit en het aanvanklik gesukkel. Steven het egter terug geveg en was uiteindelik ‘n rotspilaar waarop ons kon staatmaak. Sy skrumwerk was baie goed in die eindstryd.

“Ons rolmale was uitstekend en hy was ongelooflik prominent daar. Sy verdediging is goed en hy is ‘n skaflike baldraer.”

Dié seisoen sou altyd vir Steven ‘n eksamen wees. Hy het verlede jaar ‘n yslike impak gemaak toe hy uit die staanspoor in die Stormers se beginspan was, maar ‘n speler se groot toets kom natuurlik altyd in die seisoen daarna wanneer teenstanders planne om hom beraam.

Nietemin het hy en die jong vaskopstut Frans Malherbe vanjaar in statuur gegroei.

“Ek sien ‘n baie lang en suksesvolle loopbaan vir hom,” sê Theron. “Hy gaan regtig domineer wanneer hy hier by 25 of 26 jaar oud kom. As hy nou reeds goed is, hoe gaan hy nie wees nie wanneer hy ‘n senior speler raak? ‘n Stut bereik oor die algemeen later wasdom as spelers in ander posisies.”

Steven was nie vanjaar in die Springbok-oefengroepe nie, maar Theron meen dit behoort om nie te ontmoedig nie.

“Soms groei ‘n speler deur die lang pad om te stap. As hy te vinnig op die hoogste vlak speel, kan sy moed gebreek word. Steven moet net rustig aanhou soos nou. Hy is op die regte pad. Ek dink hy gaan vir lank groot rugby speel,” sê Theron.

Dit was in vanjaar se Super-reeks ‘n geval van hoe later hoe kwater met die Stormers se skrumwerk.

“Ons het aanvanklik ‘n bietjie in die skrums gesukkel, maar het met elke wedstryd verbeter,” sê Steven.

Terwyl Steven goed skrum, is hy dikwels prominent as baldraer en is sy werkverrigting baie goed. Hy het byvoorbeeld in elkeen van die Stormers se wedstryde – met die uitsondering van die een teen die Chiefs op Nuweland – 10 of meer duikslae uitgevoer.

“Dis belangrik om betrokke te raak en baie duikslae te maak. Jou werkverrigting moet goed wees. Ek kyk ook hoe manne soos Duane Vermeulen die bal dra,” sê hy.

‘n Belangrike aspek van sy spel is ook die fisieke dimensie wat hy na die agttal bring. “Coach Allister se woorde voor ‘n wedstryd is altyd dat ons só fisiek as moontlik moet wees,” sê hy.

Steven kry natuurlik in daardie opsig baie hulp. Malherbe het soos hy in statuur gegroei vanjaar, terwyl die Springbok-slot Eben Etzebeth waarskynlik met groter fisieke intensiteit as enige ander speler in Suid-Afrika speel.

Wat sy doelwitte betref, laat Steven geen twyfel nie. “My toekomsplanne is om binnekort vir die Springbokke te speel,” sê hy.

Die vraag is seker eerder wanneer as of.

Natuurlik is dit ‘n feit dat Suid-Afrika nie ‘n tekort aan loskopstutte het nie. Die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, sal nie sommer verder as Tendai Mtawarira vir sy beginspan kyk nie.

Dán is daar manne soos die Bulle se Dean Greyling, en Coenie Oosthuizen en Trevor Nyakane van die Cheetahs. Meyer het verlede jaar ook vir Gurthrö Steenkamp uit Frankryk ontbied om vir Suid-Afrika op hul jaareind-toer te speel.

Al wat onder sulke omstandighede vir Steven te doen staan is om aan te hou doen wat hy tot nou toe gedoen het.

Glo dit of nie, maar hy het op sy jong ouderdom reeds 51 eersterangse wedstryde agter die rug.

As hy voortbou op wat hy reeds in sy vyftigtal bereik het, behoort sy droom vir die Groen en Goud te realiseer.

Steven se vrye tyd word verdeel tussen “rustig” wees, tyd saam met sy meisie, Aimee, te spandeer en darem ook ‘n bietjie deur Unisa beleggings-analise te studeer.

Maar die studies is hoofsaaklik op dié tydstip gefokus op die fyner kunsies van skrumwerk. Sy vordering in daardie opsig is merkbaar en alle aanduidings is dat hy vorentoe tot op dee hoogste vlak sy eksamen met lof gaan slaag.

DHL Stormers Matchday Magazine