mem-widget

Loading...

SIGN IN




Forgot your password?


{{memC.formVals.errors.general}}

Don't have an account?
CREATE YOUR ACCOUNT


Forgot your password?




{{memC.formVals.errors.general}}
An email with a link to reset your password was sent to {{memC.formVals.login}}

JOIN NOW


{{memC.formVals.errors.name}}

{{memC.formVals.errors.surname}}

{{memC.formVals.errors.mobile}}

{{memC.formVals.errors.login}}


I agree to THE FAITHFUL Ts & Cs  
{{memC.formVals.errors.tsAndCsAgreed}}



{{memC.formVals.errors.general}}
Already a member? Sign In

YOUR MEMBERSHIP


DISA MEMBERSHIP

DISA MEMBERSHIP

WELCOME PACK


  • Exclusive cap
  • Membership card & certificate
  • Gift vouchers from Sneakers, Travelite, Mkem, & Pick n Pay
  • Vodacom starter pack
  • Bonus gifts from our sponsors and partners
  •  
    AND ALL
    MEMBERSHIP
    BENEFITS


BLUE MEMBERSHIP

BLUE MEMBERSHIP

WELCOME PACK


  • Jersey of your choice
  • Exclusive cap
  • Membership card & certificate
  • Gift vouchers from Sneakers, Travelite, Mkem, & Pick n Pay
  • Vodacom starter pack
  • Bonus gifts from our sponsors and partners
    AND ALL
    MEMBERSHIP
    BENEFITS


SELECT YOUR FIRST

Upon payment we will contact you to confirm the second jersey



HOME/AWAY
{{memC.formVals.errors.jerseyType}}
TYPE
{{memC.formVals.errors.jerseyType2}}
SIZE
{{memC.formVals.errors.jerseySize}}


SHIPPING INFO

Shipping outside of South Africa is at the member's expense.


{{memC.formVals.errors.country}}

{{memC.formVals.errors.city}}

{{memC.formVals.errors.province}}

{{memC.formVals.errors.addressLine1}}


{{memC.formVals.errors.postalCode}}

{{memC.formVals.errors.contactNumber}}







PAYMENT

Shipping outside of South Africa is at the member's expense.


{{memC.user.data.newPremiumMembershipOrder.id}}

R{{memC.packageService.query().amountTxt}}

PayFast

{{memC.formVals.errors.userImageFilename}}

MEMBERSHIP CONFIRMED


Welcome to The Faithful!

We’re so happy to have you as a valued member of The Faithful! We look forward to enjoying the season with you.

Please fill in your shipping info to receive your welcome pack.

#WeStandTogether




MEMBERSHIP COMPLETED


Your welcome pack will be with you soon.



DONE

You're already a member of The Faithful!



Thank you for registering


Please follow the link that was sent to {{memC.user.data.user_email}} to complete the activation of your account.



Activate Your Account ({{memC.formVals.login}})




{{memC.formVals.errorMessage}}




Password changed


Your password has been changed successfully.



Reset your password ({{memC.formVals.login}})




{{memC.formVals.errorMessage}}



RENEW YOUR MEMBERSHIP


DISA MEMBERSHIP

DISA MEMBERSHIP

WELCOME PACK


  • Exclusive cap
  • Membership card & certificate
  • Gift vouchers from Sneakers, Travelite, Mkem, & Pick n Pay
  • Vodacom starter pack
  • Bonus gifts from our sponsors and partners
  •  
    AND ALL
    MEMBERSHIP
    BENEFITS


BLUE MEMBERSHIP

BLUE MEMBERSHIP

WELCOME PACK


  • Jersey of your choice
  • Exclusive cap
  • Membership card & certificate
  • Gift vouchers from Sneakers, Travelite, Mkem, & Pick n Pay
  • Vodacom starter pack
  • Bonus gifts from our sponsors and partners
    AND ALL
    MEMBERSHIP
    BENEFITS


{{$index + 1}}


FEATURED

Eben die Yster

PUBLISHED: June 21, 2015



Slot Eben Etzebeth stook die DHL-Stormers se enjin soos nét hy kan nou dat hy die beseringspook verjaag het.

Dit lyk amper asof Eben Etzebeth verlore tyd probeer herwin wanneer jy kyk hoe hy vir die DHL-Stormers in vanjaar se Vodacom Superrugby-reeks inklim.

Verlede jaar moes hy die frustrasie verduur dat hy vir die ganse reeks met ‘n enkelbesering langs die kantlyn was.

As jy byreken dat hy boonop die eerste agt wedstryde van 2013 se veldtog misgeloop het, besef jy waarom hy só gretig is om homself te laat geld.

“Dis lekker om weer een week ná die ander te kan speel. Die frustrasie is altyd groot wanneer jy geforseer word om rugby by die huis te kyk,” sê Etzebeth.

“Ek dink wel die strategiese rus vir van die Springbokke vanjaar was ‘n goeie ding. Jou liggaam raak soms seer en dis asof jy met vakansie was wanneer jy ná jou ruskans die Maandag daarna weer aanmeld.”

Etzebeth is egter ná verlede naweek klaar gerus en kan nie wag om sy doelwitte vir dié seisoen te verwesenlik nie. Die DHL-Stormers het reeds goed gedoen deur die Suid-Afrikaanse konferensie van die Vodacom Super-reeks te wen, maar mik hoër as nét dit.

“Die opvatting onder ons is beslis nie dat ons iets groot bereik het nie,” sê hy.

“Niemand onder ons het aan die begin van vanjaar daarvan gepraat om ons konferensie te wen nie. Die doelwit is om die reeks te wen. Mense gaan nie onthou wie die konferensie-wenners was nie.

“As jy wel die konferensie wen, plaas dit jou onder die voorste drie spanne, wat ‘n uitspeelwedstryd op jou tuisveld beteken. Dís belangrik. Jy speel egter die verkeerde spel as dít uitsluitlik jou doelwit is.”

Ongeag wat die DHL-Stormers vanjaar bereik, is daar die belofte van groot dinge in die toekoms.

Dit sal baie mense verbaas dat Etzebeth steeds net 23 is. Ander staatmakers soos onder meer die vaskopstut Frans Malherbe, die haker Scarra Ntubeni, die flank Siya Kolisi, die loskopstut Steven Kitshoff en die agtsteman Nizaam Carr is óók nog jonk.

“Die belangrike ding is om almal bymekaar te hou vir die toekoms. Ek glo ons kan die DHL-Stormers plekke heen neem oor die volgende paar seisoene,” sê Etzebeth.

Terwyl hy in die onlangse wedstryd teen die Leeus op DHL-Nuweland soos altyd onverskrokke was, het Etzebeth óók sy slag met die bal in die hand gewys. Maar, sê hy, hy boer nie graag in die wye kanale nie.

“Die twee balle wat ek op die vleuel gekry het was maar net deur die verloop van spel. Die stutte is aan my binnekant wanneer ons van ‘n lynstaan verdedig en ek het my terloops daar bevind toe ons omkeerbesit gewen het,” sê hy.

“As ons op die aanval is, probeer ek nader aan die losskrums speel eerder as om op die vleuel vir die bal te wag.”

Dis egter nie ‘n slegte pyl om in sy koker te hê nie en wys dat daar nog baie potensiaal in Etzebeth is om te ontsluit. “Of dit nou ‘n groot duikslag, die steel van ‘n lynstaanbal of die dra van die bal is, doen jy maar wat jy kan om só gou as moontlik in die spel te kom. Elke speler geniet dit om sy hande op die bal te kry,” sê hy.

Etzebeth hoop sy vertonings is afgerond genoeg om hom voor in die Springbok-keurders se gedagtes te hou.

“As ek vanjaar beseringsvry kan bly en my spelpeil goed genoeg is om die Springbok-groep te haal, het ek die vooruitsig van ‘n eerste Wêreldbeker-toernooi. Dis die grootste verhoog waarop jy kan speel,” erken hy.

“Dis altyd in jou agterkop, maar die fokus is nou eers daarop om die DHL-Stormers te help om ons doelwit te bereik.”

Etzebeth put veral genot uit die DHL-Stormers se goeie veldtog nadat ‘kenners’ hulle voor die aanvang van vanjaar se reeks afgeskryf het.

“Dit gee jou daardie tikkie meer motivering wanneer mense jou afskryf. As jy dán die eerste twee wedstryde wen, kry jy skielik selfvertroue. Dit was vir die spelers ‘n baie goeie geleentheid om die kritici se monde stil te speel en te wys wat in hulle steek,” sê hy.

Selfs nou word die DHL-Stormers slegs ‘n buitekans gegun, maar dit het geen impak op hul selfvertroue nie.

“‘n Buitekans is al wat jy nodig het,” sê hy.

“Ek dink ons het die vermoë om al die pad te gaan en die beker vir die eerste keer Kaap toe te bring.”

Lixesha lika Etzebeth lokukhokhela

Igama lika Eben Etzebeth lelinye lamagama okuqala xa umqeqeshi weStormers uAllister Coetzee ecinga ngeqela lakhe kumjikelelo ngamnye weSuper Rugby.

Ebengekho umahluko kuleveki njengoba iStormers bezilungiselela umdlalo wanamhlanje ne Brumbies ukuzinika ithuba logudlala kwimidlalo ye semi-finals.

Emva kweveki apho uCoetzee ethe waphumza abadlali bakhe abaphambili, onke amehlo azobe ejonge kubadlali abafana noEtzebeth ukuqinisekisa imphumelelo.

Ubukho buka Etzebeth bubalulekile ngoba amava akhe wokudlalela iqela lesizwe kwaye nendlela le azimiselengayo ekutsibeni kwi-lineout imenza omnye wabadlali ababalulekileyo namhlanje.

uEtzebeth akahambi yedwa phaya esuswini lamdoda apha phambili, uncediswa yenye indoda uManuel Carizza enamava okudlalela iqela lesizwe sase Argentina kwaye kuzo baluleka ukuba omabini lamdoda akwazi ukucinezela aba be Brumbies nakunquzulwano lemizimba.

Yonke lonto izobe ikhokhelwa ngu Etzebeth kodwa uzakudinga uncedo olusuka kubadlali abafana no Vincent Koch, Siya Kolisi, Nizaam Carr no Schalk Burger ukuqiniseka ukuba bacima onke ingongo zeBrumbies zokuphumelela.

Ukudlale kakuhle kuka Etzebeth neqela ngokubanzi lweStormers kuzo phefumla ubomi kwiphupho lokunika uCoetzee isipho esikhulu zokuhamba emzantsi Afrika ethe waphumelela indebe yeSuper Rugby.

DHL Stormers Matchday Magazine